Local News

Polokwane hou groot makietie by Afrikaans-inni-Bos

Die aand se program het afgeskop met die gewilde groep Sonder Onderbroeke, wat met oorspronklike liedjies die verhoog behoorlik aan die brand gesing het.

POLOKWANE – Die tweede Afrikaans-inni-Bos-kuierfees het verlede Saterdag op die terrein van Hoërskool Pietersburg plaasgevind en honderde feesgangers gelok wat van vroegoggend af al hul stoele voor die verhoog kom neersit het, reg om ‘n dag vol Afrikaanse musiek en lekker kuier te beleef.

Die aand se program het afgeskop met die gewilde groep Sonder Onderbroeke, wat met oorspronklike liedjies die verhoog behoorlik aan die brand gesing het.

Later het bekende kunstenaars soos Dodo Nyoka, Bok van Blerk en Droomsindroom die gehoor verder vermaak.

Jong plaaslike talent het nie agtergebly nie, jong Pieties het deur die loop van die middag opgetree en hul stemme behoorlik laat hoor.

Hierdie jaar het die B-veld ook besonder baie lewe gehad, danksy ‘n pretpark wat ure se vermaak vir jonk en oud gebied het.

Die gr. 8-leerders van PHS het reeds Vrydag die Pietie Pretpark uitgetoets nadat hulle as wenners van die Wedloop na Afrikaans-inni-Bosveld-kompetisie aangewys is – ’n eer wat hulle verwerf het deur die meeste kaartjies vir die fees te verkoop.

Feesgangers kon na hartelus deur talle stalletjies rondstap, met eetgoed en speelgoed tot klere wat beskikbaar was.

Een van die besoekers, Michelle Engelbrecht, het die aand saam met haar gesin deurgebring en was vol lof oor die geleentheid: “Ek was verlede jaar ook by die Afrikaans-inni-Bosveld-fees en het dit vreeslik geniet. Vanjaar was dit selfs beter. Ons kom beslis volgende jaar weer!”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button