Local News

Piet Pot losskakel skop plek los in Poland

MJ Naudé is gekies vir die AVS o/14 nasionale 7's-Duikerspan wat van 30 November tot 9 Desember na Pole en die Tsjeggiese Republiek toer.

MOKOPANE – MJ Naudé is op pad Pole toe om Suid-Afrika in rugby te verteenwoordig.

Hy is gekies vir die AVS o/14 nasionale 7’s-Duikerspan wat van 30 November tot 9 Desember na Pole en die Tsjeggiese Republiek toer.

Die span gaan agt wedstryde speel tydens dié internasionale toer – ‘n besondere eer en geleentheid vir die jong speler.

MJ het reeds van kleins af aan sy droom gewerk om rugby te speel.

“My pa het ook rugby gespeel en altyd vir my vertel hoe ver hy gekom het met rugby. Hy is my inspirasie om myself te druk om ook goeie rugby te kan speel,” vertel hy.

MJ Naudé in aksie tydens die Bokkieweek.

Tydens die Oktoberskoolvakansie het MJ aan die Somer Bokkieweek sewesrugby deelgeneem as deel van die Verre-Noordspan – die enigste speler van sy dorp wat gekies is.

Die span het uitstekend gevaar en die Verre-Noord sewesplaat gewen, al het hulle in die finaal net te kort geskiet.

“Ons span het saamgestaan deur die taai wedstryde,” sê hy.

MJ speel losskakel vir Hoërskool Piet Potgieter, maar het tydens die Bokkieweek op vleuel gespeel. Hy oefen daagliks, of dit nou op die veld of in die gimnasium is.

“Ek geniet dit baie om deel van die sewesspan te wees.”

“Jy moet net baie fiks wees. Solank ek rugby kan speel, maak dit nie saak of dit 15-tal of 7’s is nie, is ek gelukkig,” sê hy.

Behalwe vir rugby blink MJ ook op die atletiekbaan uit. Sy raad aan jong spelers is: “Gee altyd jou beste. Dit maak nie saak in watter skool jy is nie – as jy goed doen, sal iemand jou raaksien.”

MJ sê hy het hard gewerk en is opgewonde vir die toer wat voorlê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button