Local News

Na 19 jaar handig Annatjie leisels oor by kerkkantoor

Annatjie sê sy het nooit gedink sy sou 19 jaar by die Hervormde Kerk Welgelegen-Pietersburg werk nie, aangesien hulle gedroom het van aftrede in die laeveld.

POLOKWANE – Na 19 jaar by die Hervormde Kerk Welgelegen-Pietersburg-kerkkantoor het Annatjie Sandrock onlangs afgetree.

Sy erken dat sy nie veel van haar eerste dag onthou nie.

“Ek onthou wel dat dit onwerklik en vreemd gevoel het. Ek sou aanvanklik nie aansoek gedoen het vir die pos van sekretariële beampte nie. My man, Robbie, en my huweliksbelofte was dat ek sou ophou werk sodra ons ‘n gesin sou hê en dit sou bly tot almal uit die skool is. Die predikant het my egter onverwags genader en gevra of ek belangstel. My jongste kind was nog net ses maande in gr. 12. Ek het vir die onderhoud gegaan en tot my verbasing het ek die werk gekry,” vertel sy.

Annatjie sê sy het nooit gedink sy sou 19 jaar daar werk nie, aangesien hulle gedroom het van aftrede in die laeveld. “Die toekoms was nie in my hande nie en God het dit anders bepaal. Ons beplanning en drome het nie uitgewerk nie.”

Oomblikke wat sy nooit sal vergeet nie, sluit in die ontvang en groet van predikante en die geestelike leiding wat sy ontvang het.

“Elke predikant het op sy eie manier bygedra tot my geestelike groei. Ouderling Jannie Venter het my voortdurend met geduld en aanmoediging gemotiveer, veral met finansies. Sy vertroue het vir my baie beteken.”

Tydens haar loopbaan het Annatjie geleer hoe mense van mekaar verskil en hoe sy ‘n verskil in ander se lewens kon maak. Haar besluit om af te tree, sê sy, kom uit die besef dat daar ‘n tyd is om klaar te maak. Na baie nadenke en met God se vrede in haar hart kon sy die besluit neem.

“Die nuwe fase wat wag is onbekend, maar opwindend. Ek hou van skryf en wil graag meer tyd hieraan spandeer. Dalk begin ek weer ‘n uitreikkorrespondensie-aksie vir mense wat net op papier hul hart wil deel. Dit lê my baie na aan die hart.”

Haar raad aan haar opvolger, Kate Bezuidenhout, is eenvoudig: “Doen jou werk tot eer en verheerliking van ons Hemelse Vader. Gee jou alles, en dit sal goed gaan met jou.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button