Local News

Solidariteit Helpende hand loods nuwe program vir jong meisies

Taai Meraai fokus daarop om jong meisies die noodsaaklike lewensvaardighede aan te leer, en hiervoor span hulle kundiges uit die gemeenskap in.

POLOKWANE – Vroeër vanjaar het Solidariteit Helpende Hand ‘n nuwe program geloods, spesiaal vir jong meisies: Dié program spits hom toe op kreatiewe en eerlike gesprekke met kundiges.

Die doel is om die meisies te versterk en bemagtig, hulle selfvertroue te versterk en hulle harte te bemoedig.

Taai Meraai fokus daarop om jong meisies die noodsaaklike lewensvaardighede aan te leer, en hiervoor span hulle kundiges uit die gemeenskap in.

Carol Ankiewicz van streeksorganiseerder by Solidariteit Helpende Hand Limpopo sê die aanleer van vaardighede, sluit alles in: “Van hoe om ‘n knoop aan te werk, kos te maak en basiese selfdoenvaardighede, tot hoe om ‘n kragprop te vervang. Die doel is om selfbeeld, selfstandigheid en ‘n gevoel van bemeestering by jong meisies te bou.”

Carol sê dat daar vanjaar een student in die stad is wat Helpende Hand kon ondersteun met ‘n rentevrye studielening.

“Vir 2026 het sewe studente aansoek gedoen vir hierdie hulp. Ons het ‘n Polokwane Studiefonds waardeur ons hierdie studente graag wil help, maar ons benodig skenkers. Elke rand maak ‘n tasbare verskil in ‘n jongmens se toekoms.”

Nog ‘n projek wat Helpende Hand op die been wil bring is die Seniors in Aksie-program.

Met die Taai Meraai-projek beoog Solidariteit Helpende Hand om jong meisies basiese vaardighede aan te leer.

Hierdie program spreek maatskaplike kwessies soos eensaamheid onder bejaardes aan en bevorder ook hul fisiese welstand.

Die program bestaan uit eenvoudige, maar doelgerigte bewegings wat fisiese agteruitgang van die liggaam kan voorkom.

Carol sê daar is verskeie projekte waarvoor lesers hulle tyd en vaardighede kan aanbied.

“Daar is twee breiprojekte naamlik die Boesemvriendinne-projek en die Vroetelmoue-projek. Die Boesemvriendinne-projek lewer gebreide prosteses vir vroue met borskanker en die Vroetelmoue projek lewer gebreide moubuisies vir mense met Alzheimer’s om rusteloosheid te verminder en troos te bring.”

In 2025 kon Helpende Hand twee skole met HelpHetta ondersteun, waar meisies van sanitêre produkte voorsien word met die oog daarop om te verseker dat hulle met waardigheid en gelyke geleenthede skool kan bywoon.

Skooltassies wat deur Solidariteit Helpende Hand geskenk word.

Vroeg in 2026 sal daar 26 skooltassies by laerskole in die stad uitgedeel word sodat kinders hul skoolloopbaan op ‘n gelyke voet kan begin, ongeag hul finansiële omstandighede.

“Die laaste projek is die HelpJag-projek waar jagters in die gemeenskap ‘n vleisskenkings maak. Dit word dan versprei aan instansies binne die gemeenskap wat dit die nodigste het.”

Volgens Carol is dit ‘n voorreg om terug te kyk op wat hulle vanjaar kon vermag, maar hulle weet daar is nog soveel meer wat hulle kan doen. “Ons kan dit egter nie sonder die ondersteuning van die gemeenskap doen nie. Ons nooi vrywilligers wat praktiese vaardighede het en dit met ons jong meisies met die Taai Maraai-projek wil deel asook vrywilligers met ‘n hart vir bejaardes wat een keer elke twee weke hierdie Seniors in Aksie-projek kan aanbied.”

Daar is verskeie maniere om betrokke te raak:

• Word ‘n vrywilliger en deel jou tyd en vaardighede.

• Maak ‘n finansiële bydrae.

• Skenk tweedehandse items by Ons Winkel Polokwane.

Vir meer inligting skakel vir Carol by 063 560 4300 of besoek www.limpopohand.co.za.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button