Local News

Kry dié onder die knie, is top PHS-matriek se raad

Spanning loop hand aan hand met eindeksamen en Christo sê hy het dit hanteer deur hard te werk en soveel as moontlik te leer wanneer hy ‘n ruskans gehad het.

POLOKWANE – Nadat PHS-matrikulant Christo Reynecke vir vyf jaar hard gewerk het, spog hy vanjaar met agt onderskeidings na afloop van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaateksamen.

Dié voornemende aktuariëlewetenskapstudent is ook aangewys as die Dux-leerder en topmatrikulant by PHS.

“Ek het van dag een af in die hoërskool hard gewerk en nie eers in die laaste jaar wakker geskrik en begin leer nie,” sê hy.

Spanning loop hand aan hand met eindeksamen en Christo sê hy het dit hanteer deur hard te werk en soveel as moontlik te leer wanneer hy ‘n ruskans gehad het.

So het hy teen die tyd dat dit eksamen was, genoeg selfvertroue gehad om te weet hy gaan goed vaar.

“Wiskunde was lag-lag die moeilikste vak aangesien die vrae nooit soos vorige jare gevra was nie. Ek het met al my vakke drie dae voor ‘n toets begin leer en alles met soveel aandag as moontlik deurgegaan. Ek het ook baie vrae in die klasse gevra.”

Soms behaal jy nie die punte waarop jy gehoop het nie, maar selfs dit het nie vir Christo gepootjie nie, en hy sê hy het dan selfs net harder gewerk het vir die volgende toets.

“My pa het beslis die grootste invloed op my akademiese loopbaan gehad. Hy het my gemotiveer om my beste te doen.”

Christo sê die grootste fout wat gr. 12-leerders maak is om nie die erns van dié spesifieke jaar te besef nie.

“My raad aan vanjaar se gr. 12’s is om te fokus om die basiese konsepte te leer en verstaan en dan aan te beweeg na die moeilike werk. Sou ek my skoolloopbaan anders aanpak, sou ek meer op my eie vordering gefokus het en myself minder met ander vergelyk het.”

Sterkte vir jou reis, Christo!

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button