Local News

Duitse leerder verruil Duitsland tydelik vir skoolbanke in Polokwane

Duitse leerder Zoë, deel wat haar die meeste opgeval het van Suid-Afrikaanse skole, verkeer en kos tydens haar kuier in Polokwane.

POLOKWANE – “Pasop vir die motors wat oor rooi verkeersligte ry,” skerts Zoë Wilsenach (12) oor die een ding wat sy vir haar vriende in Duitsland oor Suid-Afrika gaan vertel sodra sy terug is in haar tuisland.

Zoë is tans tydelik ‘n leerder by Laerskool Pietersburg terwyl sy saam met haar ouers in die stad kuier. Dit is egter nie haar eerste besoek aan die land nie.

“Die eerste keer het ek vir ses maande in Suid-Afrika gewoon en sedertdien kom ek elke jaar terug.

“My pa is in Polokwane gebore en my oupa en ouma woon hier, so ons kom kuier gereeld,” vertel sy.

Volgens Zoë is daar duidelike verskille tussen haar skool in Duitsland en haar skoolervaring hier.

“Die kinders in Duitsland is nie naastenby so vriendelik en beleefd soos hier nie. Ons dra nie skooluniforms nie en die meisies mag hul hare los dra. My skool daar is baie oud en laat my dink aan Hogwarts uit ‘Harry Potter’. Hier is ook baie meer bome.”

Sy erken dat sy haar beste vriendin in Duitsland baie mis, maar geniet dit om nuwe ervarings in Suid-Afrika op te doen.

“Die kinders hier wys meer respek vir volwassenes,” sê sy.

Wat haar die meeste verbaas, is verkeer wat rooi ligte ignoreer.

“Dit maak my senuweeagtig. In Duitsland is die padreëls baie streng.”

Zoë het ook nuwe kossoorte ontdek.

“Ek het hier wit nougat leer eet, wat baie lekker is. Biltong en droëwors was vir my vreemd, maar dit is nou my gunsteling. Ek sal enigiets doen vir ’n lekker stukkie biltong,” lag sy.

Sy kan Duits, Pools en Afrikaans en Engels praat, en leer tans Italiaans, met Latyn as ‘n skoolvak.

By die huis praat sy Afrikaans met haar pa, Pools met haar ma en Duits in die algemeen.

“Ek het nie regtig ’n snaakse woord hier geleer nie, maar ek dink ‘kolletjie i’ is baie oulik,” sê sy.

“En ek het geleer dat ek ure lank met paddas en paddavissies kan speel.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button