Local News

VF Plus ondersteun Mahne-familie by Tolwe hof

Die VF Plus ondersteun die Mahne-familie en waarsku dat hulle die regsproses in die Tolwe-plaasmord noukeurig sal monitor.

MOKOPANE – Die wrede moord op Attie (At) Mahne (77), ‘n gerespekteerde boer van die Baltimoredistrik op 29 November 2025 op sy plaas in die Tolwe-polisiëringsarea, het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur.

Die VF Plus het op 26 Februarie by die Tolwe Periodieke Hof ‘n duidelike standpunt ingeneem teen borgtog vir die beskuldigdes.

VF Plus-raadslid Elita Wiid, vergesel deur taklede Mari Bezuidenhout, Sian Olivier en Angelique Bezuidenhout, het ‘n vreedsame teenwoordigheid by die hof gehandhaaf om hul steun aan die Mahne-familie te betoon en hul onwrikbare eis vir geregtigheid te bevestig.

“Die VF Plus is van mening dat plaasmoorde as prioriteitsmisdade hanteer moet word,” sê Wiid en voeg by dat landelike gemeenskappe reeds onder geweldige druk verkeer en verdien daadwerklike beskerming en ’n regstelsel wat die erns van hierdie misdade erken.

Boere van die gemeenskap ondersteun die Mahne-familie.

Die saak is tot 28 Mei uitgestel wanneer dit weer voor die hof sal dien.

“Die VF Plus sal voortgaan om die proses te monitor en die familie te ondersteun en as VF Plus bly ons verbind tot die veiligheid van die boere en die landelike gemeenskappe en ons sal voortgaan om standvastig op te tree teen gewelds-misdaad,” het Wiid afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button