Local News

Idiome kry bene en stap rond by Oosskool

Leerders en personeel by Oosskool het soos hul gunsteling idiome aangetrek en sodoende op ‘n kreatiewe manier nuwe uitdrukkings geleer.

POLOKWANE – ‘n Idioom is ‘n uitdrukking met ‘n figuurlike betekenis en dit moenie letterlik opgeneem word nie.

Idiome kleur die taal waarin ons lag en huil, stories vertel en planne maak, in. Idiome help om idees, gedagtes en emosies op ‘n treffende manier oor te dra sonder om lange verduidelikings te gee.

Alyza Steyn smeer heuning om haar mond.
Waldo Groenewald reken met grysheid kom wysheid.

By Oosskool het die leerders en personeel Vrydag soos hulle gunsteling idiome aangetrek en sodoende ook sommer nuwe idiome geleer.

Idiome soos ‘‘n Aap in die mou hê’, wat beteken jy is besig om skelm planne te beraam en ‘die appel val nie ver van die boom af nie,’ wat uitwys dat ‘n kind na sy ouers aard, is deur die leerders uitgebeeld.

Melize Koekemoer het hare op haar tande en haar sussie, Miané, het muisneste.
Aiden van Heese het groen vingers en Ansoné Bornman is die een-oog koning in die land van die blindes.

Heelwat leerders het die idioom ‘dit reën katte en honde’ en ‘hy het groen vingers‘ gebruik.

Ook was daar ‘n paar ‘slange in die gras’ en ‘koppe in die wolke’.

Leroy Kennedy is ‘n slang in die gras.
Mika Maritz is ‘n wolf in skaapklere.
Ariana Kruger se geld groei op haar rug.
For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button