Local News

Renosterstroperssaak verskuif na 17 Junie in Polokwane

Die hofsaak van Dawie Groenewald en mede-beskuldigdes oor renosterstropery en geldwassery is weer uitgestel in Polokwane.

POLOKWANE – Die saak van die vermeende renosterstropers Dawid Jacobus (Dawie) Groenewald, Karel en Maria Magdalena Toet, Tielman Roos Erasmus, Hermanus Bernardus Rossouw and Jacobus Martinus Pronk is verlede maand uitgestel tot 17 Junie en die beskuldigdes se borgtog is verleng.

Dawie Groenewald en sy mede-beskuldigdes verskyn weer op 17 Junie in die Hooggeregshof in Polokwane.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder, Mashudu Malabi Dzhangi het bevestig dat die saak op 9 Februarie op die rol van die Hooggeregshof in Polokwane was om die beskuldigdes se regsverteenwoordigers ‘n geleentheid te gee om konflikte van belang te hanteer.

Sy het ook bevestig dat Toet en Rossouw nuwe regsverteenwoordigers aangestel het.

Die saak is dus uitgestel tot 17 Junie vir finale konsultasie tussen die beskuldigdes en hul regslui.

Groenewald en sy medebeskuldigdes is gedurende September 2010 gearresteer op klagtes wat renosterstropery, rampokkery en geldwassery ingesluit het en Groenewald is op borgtog van R1 miljoen en sy mede-beskuldigdes op mindere bedrae vrygelaat.

Die saak is intussen verskeie kere uitgestel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Barry Viljoen

Barry Viljoen is a freelance journalist for Polokwane Review/Observer.

Related Articles

Back to top button