Local News

PHS se rugbygees brand hoog ná finaaloorwinnings

'n Nuwe afdeling, 'n nuwe uitdaging, nog steeds dieselfde onblusbare Pietie-gees," sê skoolhoof Adolf Ellis ná Hoërskool Pietersburg se dubbele finaaloorwinning.

POLOKWANE – Die vreugdevure het Saterdag hoog gebrand by Hoërskool Pietersburg nadat beide die eerste- en o/16A-spanne, wat deurgedring het na die Virseker Noordvaal Cub 2026 skildafdelingfinaal, hulle onderskeie eindstrydwedstryde gewen het.

Die finale wedstryde vir die o/14-, o/15-, o/16- en die eerstespanne het Saterdag op Hoërskool Pietersburg se velde plaasgevind en ondersteuners kon goeie rugby geniet.

Andru de Beer vang die bal tydens die eerste span se wedstryd.

PHS gaan na dese vanaf die 2027 rugbyseisoen in die Virseker Noordvaal Cup Plaat-afdeling deelneem.

“Hierdie besondere mylpaal getuig van ons rugbymanne en die afrigters se harde werk, hulle toewyding en die uitmuntende kwaliteit en hoë standaard van rugby by PHS. Ons is opgewonde vir die nuwe uitdaging en is gereed om ons stempel af te druk, elke geleentheid aan te gryp en die Pietie-naam met trots hoog te hou. ‘n Nuwe afdeling, ‘n nuwe uitdaging, nog steeds dieselfde onblusbare Pietie-gees,” wens skoolhoof Adolf Ellis die rugbyseuns en skeidsregters geluk.

Die bal word vir Curtis Cloete gegee.
  • o/14A: Hoërskool Ben Vorster klop Hoërskool Eldoraigne: 36-19.
  • o/15A: Ligbrong Akademie klop Hoërskool Secunda: 20-15.
  • o/16A: PHS klop Hoërskool Piet Retief: 45-5.
  • Eerste span: PHS klop Hoërskool Marais Viljoen: 53-24.
Juan Randall word vasgevat.

PHS is ook genooi om in Maart 2027 aan die NMI Toyota Noord/Suid-rugbytoernooi deel te neem waar hulle teen Hoërskool Sentraal en Bethlehem Voortrekker Hoërskool te staan sal kom.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button