Local News

Byna 2 000 arrestasies gemaak tydens operasie in Limpopo

Die arrestasies is bewys van die polisie se toewyding om seksuele misdadigers aan te keer en om onwettige vuurwapens en ammunisie uit die hande van misdadigers te verwyder.

POLOKWANE – Die polisie in Limpopo het tydens ‘n operasie, wat van 24 Augustus tot die afgelope naweek regoor die provinsie van stapel gestuur is, 1 989 verdagtes op verskeie aanklagte aangekeer.

Volgens ‘n verklaring van Limpopo polisie se woordvoerder kol. Malesela Ledwaba is die arrestasie van 19 verdagtes op aanklagte van verkragting, en die beslaglegging van ses vuurwapens en 106 rondtes ammunisie, die hoogtepunt van die operasie.

Hy sê die arrestasies is bewys van die polisie se toewyding om seksuele misdadigers aan te keer en om onwettige vuurwapens en ammunisie uit die hande van misdadigers te verwyder.

Die operasie het patrollies, padblokkades, misdaadvoorkomingsoperasies, dwelm- en alkoholbeheer, inspeksies, opsporingsoperasies en ander aktiwiteite ingesluit.

Die volgende arrestasies is gemaak:

  • 11 vir moord
  • 12 vir poging tot moord
  • 2 vir rooftog met verswarende omstandighede
  • 19 vir verkragting
  • 2 vir seksuele aanranding
  • 155 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer
  • 89 vir aanranding (algemeen)
  • 17 vir rooftog (algemeen)
  • 12 vir rooftog met ‘n wapen of vuurwapen
  • 11 vir seksuele ootredings
  • 7 vir besigheidsinbraak
  • 12 vir residensiële inbraak
  • 4 vir veediefstal
  • 46 vir saakbeskadiging
  • 41 vir winkeldiefstal
  • 19 vir bedrog
  • 39 vir diefstal (ander)
  • 95 vir dwelmverwante oortredings
  • 36 vir dronkbestuur
  • 4 vir vir onwettige besit van vuurwapens en ammunisie
  • 34 vir gesinsgeweld
  • 37 vir besit van gesteelde goedere
  • 298 onwettige immigrante
  • 549 vir openbare drankgebruik
  • 77 vir onwettige verkoop van alkohol

Die volgende items is gekonfiskeer:

  • 6 vuurwapens
  • 106 rondtes ammunisie
  • 36 gevaarlike wapens
  • 30 messe
  • 1 108 601 onwettige sigarette
  • 15 590.684 gram dagga
  • 9.003 gram of kokaïen
  • 13.356 gram tik
  • 27.608 gram nyaope
  • 3 336 985ml alkohol
  • 12 gesteelde/gekaapte voertuie

Die polisie het verder 1 803 boetes vir ‘n verskeidenheid oortredings uitgereik

Addisionele suksesse:

  • 958 inspeksies by tweedehandse handelaars
  • 470 alkoholbeheeroperasies uitgevoer
  • 7 567 voertuie getoets
  • 19 460 voertuie deursoek
  • 981 spazas deursoek
  • 318 insidente van huishoudelike geweld aangespreek
  • 276 beskermingsbevele uitgereik
  • 60 sjebeens gesluit

Provinsiale kommissaris lt. genl. Jan Scheepers het die suksesse verwelkom. Hy beklemtoon dat oortreders van seksuele misdrywe en dié wat in besit van onwettige vuurwapens is, in die polisie se visier bly.  

“Die 19 arrestasies vir verkragting stuur ‘n duidelik boodskap dat die polisie onverbiddelik nastreef om oortreders van seksuele misdrywe voor stok te kry. Dieselfde geld vir onwettige vuurwapens – elke vuurwapen wat gekonfiskeer word, verhoed ‘n moontlike geweldige misdaad in die toekoms,” sê Scheepers.

Van die verdagtes het reeds in verskeie howe regoor die provinsie verskyn.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button