Local News

3 beeskarkasse ná jaagtog by Zebediela gevind

Drie verdagtes is steeds op vrye voet nadat die polisie op drie beeskarkasse in 'n bakkie afgekom het ná 'n hoëspoed-jaagtog. Die herkoms van die karkasse word ondersoek.

MOKOPANE – ‘n Vlaktepatrollievoertuig het op 24 Oktober omstreeks 23:45 ‘n swaargelaaide bakkie in die Immerpangebied naby die Inca myn opgemerk.

Die omstandighede waaronder die voertuig daar was, kon nie in daardie stadium bevestig word nie, en die bestuurder het teen ‘n hoë spoed gery.

Die patrollielede het na ‘n gejaag daarin geslaag om die voertuig tot stilstand te bring, waarna drie persone op die vlug geslaan het.

Drie geslagte beeste toegedraai in swartsakke is agterop die voertuig aangetref.

Boere van die omgewing het aan die Zebedielapolisie bystand verleen maar die drie verdagtes kon nie opgespoor word nie. Die bakkie en die karkasse is na die Zebediela polisiestasie geneem, maar die identiteit van hul eienaars word nog ondersoek.

Die polisie het gevra dat grondeienaars in die omgewing hulle beesgetalle sal nagaan en aanmeld indien hulle onraad vermoed.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button