Local sportSport

Noordelikes triomfeer

Hierdie jaar se Boet Fick Amateur Ligakampioenskappe het Saterdag in dié stad tot 'n opwindende einde gekom

Hierdie jaar se Boet Fick Amateur Ligakampioenskappe het Saterdag in dié stad tot ‘n opwindende einde gekom met die eer-ste span van BB Truck Noordelikes wat weereens bewys het waarom hulle die huidige kroondraers van die eersteliga is toe hulle Kargo Pie-tersburg, oortuigend met 28-9 ge-klop het.

“Nog nooit in die geskiedenis van die Boet Fick Ligakampioenskappe was daar ‘n span wat daarin kon slaag om die eerste span kampioenskappe vir vyf jaar agtereenvolgens te wen nie. Noordelikes is die eerste ooit om hierdie mylpaal te bereik,” het ‘n ingenome Tony Varela, president van Noordelikes Rugbyklub, na die span se uitsonderlike prestasie gesê. Varela het vertel die span is nou al hard besig om voor te berei vir die Suid-Afrikaanse Rugby Unie se Nasionale Gemeenskapsbeker wat in Februarie begin.

Noordelikes se drieë is deur Zach Botha gedruk en ‘n strafdrie is teen Letaba aan Noordelikes toegeken. Die span se stelskopper, Zander Byleveldt, het met twee doelskoppe geslaag en drie strafskoppe oorgeskop.

Die derde span van Noordelikes het ook sy eindstryd teen Dendron gewen, maar Letaba se tweede span het verhoed dat Noordelikes vanjaar se tweedeliga-kroon ook kon inpalm.

Die tweedeliga-eindstryd tussen Noordelikes en Letaba was ‘n stryd soos min.

Noordelikes, op sy tuisveld en met die derdeliga kroon reeds in die sak, het uitgedraf met die doelwit om te wen. Maar ‘n hardnekkige Letaba-span het terugbaklei om uiteindelik die tweedeliga se titel nouliks met 29-24 op te raap.

Die derdespan van Dendron het ook so byna Noordelikes se dag versuur, maar die span se uithaler sen-ter, Christo van der Merwe het byna man-alleen Dendron uitgeknikker met ‘n uitnemende vierkuns van drieë in dié eindstryd. Noordelikes klop Dendron met 31-23.

Vang my as julle kan! BB Truck Noordelikes se derdespanspeler en binnesenter, Christo van der Merwe, behaal 'n vierkuns in die Boet Fick eindstryd teen Dendron.
Vang my as julle kan! BB Truck Noordelikes se derdespanspeler en binnesenter, Christo van der Merwe, behaal ‘n vierkuns in die Boet Fick eindstryd teen Dendron.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button