Gymstars-seuns blink uit by Noord Zone
Nege gimnaste van Gymstars het aan die Noord Zone Gimnastiekkompetisie deelgeneem

Nege gim-naste van Gymstars het aan die onlangse Noord Zone Gimnastiekkompetisie in Kemptonpark deelgeneem en die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit.
“Die seuns het hul beste gegee en ons as afrigters is baie trots op elkeen van hulle,” het Lelanie Logtenberg, eie-naar en hoofafrigter van Gymstars gesê.
Die uitslae van die kompetisie was as volg:
• Pieter Roos, vlak 1, 10-12 jaar ouderdomsgroep, eindig algeheel eerste en wen ‘n platinum medalje, terwyl J.D. Roos in die selfde afdeling algeheel sewende eindig. “J.D. doen slegs drie maande gimnastiek,” sê Lelanie trots.
• Eduard de Lange eindig algeheel derde in die vlak 1, 8-9 jaar ouderdomsgroep. In dieselfde afdeling wen Aljay Lucas ‘n platinum medalje en Adriaan Coetzee en Le Roux Marais wen goud volgens hul gemiddelde punte.
• Marno Roos neem in die vlak 1, 6-7 jaar afdeling deel en eindig algeheel sesde. Hy wen met die brug afdeling en kwalifiseer ook vir ‘n platinum medalje.
• Wihan Logtenberg eindig algeheel derde in die vlak 2, 7-8 jaar afdeling. Hy wen ook ‘n platinum medalje vir sy gemiddeld.
• In die vlak 2, 9-10 jaar afdeling wen J.C. Logtenberg die vloer roetine en eindig derde met sy brug reeks. Hy ontvan ‘n silwer medalje vir sy gemiddeld.