Slaggereed vir SA-kampioenskappe stoeikampioenskappe
Twee van Potgietersrus Stoeiklub se jong stoeiers, is gereed vir Suid Afrikaanse Jeug-stoeikampioenskappe

Twee van Potgietersrus Stoeiklub se jong stoeiers, Marie Oosthuizen (15) en Monique Venter (14), is slaggereed om hul teenstaanders te laat les opsê tydens die Suid Afrikaanse Jeug-stoeikampioenskappe in Bloemfontein.
Die byeenkoms, waaraan van die land se top jong stoeiers gaan deelneem, word Vrydag en Saterdag by die Tempe weermagbasis gehou.
Marie is nie net die Suid-Afrikaanse kampioen in haar eie ouderdomsgroep nie, sy het ook in Julie die Suid Afrikaanse Kadette kampioenskappe vir 17- en 18-jariges gewen en kort daarna die septer in die Suid Afrikaanse Presidente-kampioenskappe geswaai.
Marie het op vyf-jarige ouderdom begin stoei en was al vyf keer die Suid-Afrikaanse Jeug-stoeikampioen.
Danie Venter, Marie en Monique se afrigter, het die afgelope tyd daaraan gewerk om die twee stoeiers sielkundig voor te berei en te sorg dat hulle tegniek reg is.
Mense wat daarin belangstel om te stoei of betrokke te raak by die klub, kan gerus vir Danie by 083 676 3053 bel.