Sewesspan hou Limpopo se rugbynaam hoog in Noordelike toernooi
Die Sea West geborgde sewes-rugbyspan van die Limpopo Blou Bulle het Saterdag in Pretoria aan die eerste ronde van die Noordelike-streek se sewestoernooi deelgeneem en gemengde uitslae behaal.

POLOKWANE – Die Sea West geborgde sewes-rugbyspan van die Limpopo Blou Bulle het Saterdag in Pretoria aan die eerste ronde van die Noordelike-streek se sewestoernooi deelgeneem en gemengde uitslae behaal.
Die Limpopo Blou Bulle se span was veral in die wolke toe hulle die Blou Bulle van Pretoria met 29-28 in ‘n taai stryd kon klop en dit nogal op die Bulle se eie tuisveld. Die span van Botswana het egter egter veel erger daarvan afgekom toe hulle met 30-12 deur die Limpopo Blou Bulle geklop is.
Die twee katspanne, die Gauteng Leeus en die Noordwes Luiperds, het die Limpopo Blou Bulle in hulle kragmetings geklop. Die Leeus het met 28-14 gewen en die Luiperds met 31-15.
Die volgende ronde word Saterdag op Potchefstroom gespeel waarna die spanne op 12 Oktober in Nelspruit sal saamtrek.
Die laaste ronde word dan op 19 Oktober op die velde van die Gauteng Leeus in Johannesburg beslis.