Local sportSport

Tinus gekies om vir Limpopo te skiet

Tinus Botha het in 2004 aan skietkompetisies begin deelneem nadat die wapenwet sy belangstelling in hierdie sport geprikkel het.

POLOKWANE – Tinus Botha het in 2004 aan skietkompetisies begin deelneem nadat die wapenwet sy belangstelling in hierdie sport geprikkel het.

“Skiet is ‘n baie lekker sport. Jy neem nie noodwendig teen ander deelnemers deel nie, maar teen jouself,” vertel Tinus.

Hy neem in drie afdelings deel:

• Praktiese skiet;

• Drie-geweer, en;

• kegelskiet.

Tinus is ‘n lid van die Polokwane Praktiese Skietklub en die Weermag Sportklub (WSK) waar hy aan drie-geweer deelneem. By die WSK het hy die prys ontvang vir die beste sportontwikkeling asook ‘n prys vir Sportman van die Jaar.

“Die prysuitdeling word nie net vir skiet gehou nie, maar vir al die sportsoorte wat deur die weermag aangebied word,” verduidelik Tinus.

Tinus het ook die volgende prestasies behaal:

• Vir 13 jaar is hy deel van die Limpopo Praktiese Skietspan;

• In die drie-geweer afdeling het hy Springbokkleure vir geweer en haelgeweer verwerf;

• In Julie, 2012 het hy in Bulgarye deelgeneem aan die Europese Geweerkampioenskappe waar hy Suid-Afrika verteenwoordig het. Hy het algeheel 18de geëindig.

• In September, 2012 het hy deelgeneem aan die IPSC Haelgeweer kampioenskappe in Hongarye waar hy Suid-Afrika weer verteenwoordig het.

• Hy het die Nasionale Ke-gelskietkampioenskappe deelgeneem en algeheel eerste geïndig. Hy is ook deel van die Limpopo-span wat na die kampioenskappe as kampioene aangewys is.

“Die Nasionale Kegelkampioenskappe se standaard was hierdie jaar baie hoog. Daar was skuts van die Kaap, Gauteng en Limpopo wat deelgeneem het,” vertel hy.

Tinus droom om sy kennis van die sport aan ander oor te dra en hoop dat die sport sal groei. “Die sport leer mens nie net om te kan skiet nie, maar ook verantwoordelikheid,” sê Tinus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button