Limpopo ruiters dra SANESA-kroon
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruitervereniging (Sanesa) het hulle jaarlikse nasionale ruiterkuns kompetisie van 20 tot 24 September in Kyalami aangebied.
POLOKWANE – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruitervereniging (Sanesa) het hulle jaarlikse nasionale ruiterkuns kompetisie van 20 tot 24 September in Kyalami aangebied.
Ruiters van al nege provinsies het teen mekaar meegeding in dié skouspring kompetisie.
Sanesa vier vanjaar hulle 10de verjaardag en het ‘n spesiale kompetisie geloods waar die provinsies teen mekaar meegeding het. Elke provinsie het vier ruiters gekies wat in drie afdelings, fancy dress, special equitation en cable stitch, teen mekaar deelgeneem het.
Drie ruiters van Blouberg Stalle is vir die Limpopo-span gekies. Hulle is Marelize Vermeulen, Daniella Lemmer en Nicole Botha. Lemmer en Botha het as ‘n span aan die special equitation-item deelgeneem en baie goed gevaar. Vermeulen het aan die cable stitch-item deelgeneem en het die geleentheid gehad om saam met een van Suid-Afrika se top-ruiters, Nicola Sime, mee te ding.
Danksy die prestasies van dié drie ruiters, het Limpopo as wenners uit die stryd getree.



