Local sportSport

Skuts korrel fyn tydens die BJV se skietdag

Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) het 'n skietgeleentheid vir sy skuts by die Pietersburg-tak aangebied.

Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) het verlede Saterdag ‘n skietgeleentheid vir sy skuts by die Pietersburg-tak aangebied.

Rudi Myburgh van die BJV Pietersburg-tak het in die afdeling vir mans met die louere weggestap met ‘n uitstekende 96%.

Die uitslae was as volg:

Mans:

1. Rudi Myburg – 96%.

2. Decs de Jager en André Jonker – 90%.

3. Quintin Reynolds – 87%.

Vroue:

1. Yolandi Jonker – 84%.

2. Amanda de Jager – 76%.

3. Lizelle Reynolds – 70%.

Hoërskool-skuts:

1. Roelof Myburg – 63%.

2. Brendon Steyn – 30%.

Laerskool-skuts, seuns:

1. Dré Jonker – 82%.

Laerskool-skuts, meisies:

1. Anika Myburg – 70%.

Skuts het tydens hierdie geleentheid met haelgewere, .22-gewere asook jaggewere aangelê na die verskeie teikens.

Hulle het met jaggewere vanaf 200m uit ‘n dooierus posisie gekorrel na ‘n spingbok-teiken. Daarna het hulle vanaf ‘n 100m sittende posisie ‘n rooibok-teiken geklits en vanuit ‘n staan-posisie oor ‘n afstand van 35m ‘n vlakvark-teiken geskiet.

Skuts het ook na ghonge geskiet wat tussen 150m en 200m uitmekaar geplaas is.

Ook het hulle met .22-gewere oor ‘n afstand van 50m na tien siloeët-teikens geskiet. Die vorms van die teikens het gewissel van hoen-ders en varke tot kalkoene.

Skuts het ook met haelgewere na kleiduiwe geskiet.

Jaco Vorster korrel sekuur voordat hy skiet.
Jaco Vorster korrel sekuur voordat hy skiet.
Roelof Myburgh van die BJV Pietersburg-tak is die wenner in die afdeling vir hoërskool-skuts.
Roelof Myburgh van die BJV Pietersburg-tak is die wenner in die afdeling vir hoërskool-skuts.
Amanda de Jager korrel na 'n teiken tydens die BJV se skietgeleentheid.
Amanda de Jager korrel na ‘n teiken tydens die BJV se skietgeleentheid.
Annamie Kapp korrel na 'n teiken.
Annamie Kapp korrel na ‘n teiken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button