Local sportSport

Armdrukkers bult spiere

Lede van Lynx Armdruk het aan die onlangse Trophy Challenge in Witbank deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.

POLOKWANE – Lede van Lynx Armdruk het aan die onlangse Trophy Challenge in Witbank deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.

Martin van Wyk het in die onder 95kg-afdeling deelgeneem en ‘n silwer medalje in sy linkerarm- en regterarm-afdelings gekry. Hy is ook aangewys as die senior armdrukker van die jaar.

Hendrik Fourie het tweede geëindig in sy linkerarm-afdeling en vierde met sy regterarm. Hy het ook die trofee vir junior armdrukker van die jaar ingepalm.

Danie Fourie het eerste in sy regterarm-afdeling geëindig, maar het ‘n besering opgedoen en derde in die linkerarm-afdeling geëindig. Hy het ook in die opeklas deelgeneem en ‘n tweede plek ingepalm.

Liana Fourie het haar senior-skeidsregterskursus voltooi en is ook aangewys as die geleentheidsbeplanner van die jaar.

Dié klub gaan Saterdag hul armdruk-tegnieke tydens die Suid Jolytfees by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé demonstreer. Die vertoning begin om 10:00.

Inwoners word genooi om hul krag teen Van Wyk op die proef te stel. Inskrywingsfooie beloop R25 per persoon en enige iemand wat hom kan klop, wen R500. Om 18:30 sal Hendrik en Danie Fourie teen mekaar te staan kom om te sien wie met die Limpopo-titel sal wegstap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button