Local sportSport

Top spiesgooiatleet help met tegnieke

Die bekende Suid-Afrikaanse spiesgooiatleet, Chris de Beer, het verlede week 'n oefensessie in dié uitdagende atletiek item, by Hoërskool Pietersburg aangebied.

Die bekende Suid-Afrikaanse spiesgooiatleet, Chris de Beer, het verlede week ‘n oefensessie in dié uitdagende atletiek item, by Hoërskool Pietersburg aangebied.

Meer as 30 atlete uit Polokwane kon nie uitgepraat raak oor die handige tegnieke en wenke wat hulle by Chris geleer het nie. Chris, op sy dae vir 13 jaar ‘n SA- en Afrika-rekordhouer met ‘n afstand van 82,68m, is verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

“Dit was ‘n groot eer vir beide die skool en die leerders om die legende in die veld te verwelkom by die skool waar hy sy wysheid en kennis met die leerders gedeel het,” het Anna-Marie Schoeman, die skool se skakelbeampte, gesê.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button