Local sportSport

BJV se Pietersburgtak beloon beste skuts vir dié jaar

Die Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging (BJV) se Pietersburgtak het verlede Vrydagaand hulle voorste skuts tydens hul jaarlikse prysuitdeling beloon vir prestasies wat hulle deur die jaar behaal het.

POLOKWANE – Die Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging (BJV) se Pietersburgtak het verlede Vrydagaand hulle voorste skuts tydens hul jaarlikse prysuitdeling beloon vir prestasies wat hulle deur die jaar behaal het.

Die tak se voorsitter, Rudi Myburgh, het vanjaar weer die bo-toon gevoer en is as die Skut van die Jaar aangewys.

Roelof Myburgh is as Junior Skut van die Jaar aangewys. Hy het voldoen aan kriteria soos om aan al die BJV Pietersburgtak se skietgeleentheide deel te neem.

Hy was deel van die intervereniging-skietspan wat in Bloemfontein die BJV verteenwoordig het. Hy het ‘n Chasa skietkursus-eksamen geskryf en geslaag en sy kwafikasie as ‘n toegewyde jagter ontvang.

Myburgh het die hoogste gemiddeld van al die BJV Pietersburgtak se junior skuts behaal.

Die toekenning vir die mees lojale hoërskoleseunsskut is aan Brendon Steyn oorhandig.

Anika Myburgh en Abigail de Jager het in die afdeling vir laerskolemeisiesskuts toekennings vir hul lojaliteit ontvang en die mees lojale laerskoleseunsskut toekenning is aan Dré Jonker toegeken.

Die BJV Pietersburgtak se Vroueskut van die Jaar was Yolandi Jonker.

Die naasbeste skut in hierdie afdeling was Hester Myburgh en in die derde plek was Saartjie Ysel.

Rudi Myburgh is in die afdeling vir Mansskut van die Jaar ook die wenner met Quintin Reynolds die naasbeste in hierdie afdeling.

Die derde plek het aan André Jonker gegaan.

André en Yolandi Jonker (vroue-skut van die jaar), Hester Myburgh, Saartjie Ysel, Rudi Myburgh (mans- en algehele skut van die jaar) en Quintin Reynolds is die BJV Pietersburgtak se top skuts.
André en Yolandi Jonker (vroue-skut van die jaar), Hester Myburgh, Saartjie Ysel, Rudi Myburgh (mans- en algehele skut van die jaar) en Quintin Reynolds is die BJV Pietersburgtak se top skuts.
Abigail de Jager, Brendon Steyn, Dré Jonker en Roelof Myburgh spog met hulle toekennings van die BJV Pietersburg-tak.
Abigail de Jager, Brendon Steyn, Dré Jonker en Roelof Myburgh spog met hulle toekennings van die BJV Pietersburg-tak.

Related Articles

Back to top button