Local sportSport

Provinsie se bestes ding mee

Die Top 10 Laerskole Swemgala van Limpopo het swemmers verlede Saterdag by die Polokwane swembad bymekaargebring vir 'n kompetisie soos min.

POLOKWANE – Die Top 10 Laerskole Swemgala van Limpopo het swemmers verlede Saterdag by die Polokwane swembad bymekaargebring vir ‘n kompetisie soos min.

Swemmers van Laerskool Krugerpark, Laerskool Julian Muller, Laerskool Tzaneen, Laerskool Bosveld, Laerskool Ellisras, Laerskool Phalaborwa, Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Warmbad, Laerskool Marble Hall en Combined Independent Schools het meegeding.

Volgens Jo-Ann Human, onafhanklike swemafrigter en toeskouer, was die opkoms van die dag bo verwagting goed. “Dit is vir die kinders, wat reeds op so ‘n jong ouderdom deelneem aan ‘n byeenkoms van dié aard, baie belangrik dat hulle ondersteuning kry van die ouers,” het sy gesê.

Laerskool Pietersburg-Oos het uitgeblink tydens dié byeenkoms.

• Miandi Oosthuizen het goud in die 50m-borsslag vir meisies o/8 gewen.

• Bernard Ments het goud in die 200m-vryslag vir seuns o/10 gewen en die rekord gebreek in hierdie afdeling. Bernard het ook goud in die 50m-borsslag vir seuns o/10 gewen. Hy is aangewys as die Junior Victor Ludorum.

• Antoinette Fuchs het goud in die 50m-vlinder- en 50m-borsslag vir meisiess o/11 gewen.

• Yvette Louw het goud in die 50m-rugslag vir meisies o/12 en goud in die 50m-vlinderslag vir meisies o/12 gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button