10 km om solank litte los te maak
Atlete kan uitsien na 'n padwedloop van uitstaande gehalte wanneer die Polokwane Atletiekklub (PAK) Saterdag die vyfde Seeff-padwedloop aanbied.
POLOKWANE – Atlete kan uitsien na ‘n padwedloop van uitstaande gehalte wanneer die Polokwane Atletiekklub (PAK) Saterdag die vyfde Seeff-padwedloop aanbied.
Die wedloop sal oor 10 km gehardloop word en is die eerste padwedloop van die jaar in Limpopo. Vir die dié wat net vir die pret wil deelneem is daar ‘n pretloopgeleentheid oor 5 km.
Die wedloop begin om 07:00 vanaf Seeff Eiendomme se kantore en eindig ook daar. Water en koeldrank sal langs die roete aan atlete verskaf word.
Atlete wat die wedlope voltooi sal met ‘n medalje beloon word. Die eerste 250 atlete sal spesiale vyfjaar herdenkingshemde kry.
Deelnemers kan Vrydag van 17:00 tot 19:00 registreer en Saterdag, tussen 06:00 en 06:45 sal die laaste registrasies behartig word.
Die 10 km-wedloop kos R40 per inskrywing en die koste van die pretloop beloop R20.
Tydelike lisensies vir die 10 km-wedloop is by die organiseerders beskikbaar teen ‘n bykomnede R25. Atlete kan nie deelneem sonder dié lisensie nie.
Vir meer inligting skakel Johan Janse van Vuuren by 083 2772 505, Smokey Bouwer by 082 3362 932 of Callie Swart by 082 8724 348.



