Local sportSport

Natuurlike talent en baie harde werk lewer vrugte

Jean Stofberg (13) het verlede jaar by die JKA Carpe Diem-karateklub aangesluit enis hy aangewys as die klub se karateka van die jaar.

Jean Stofberg (13) het verlede jaar by die JKA Carpe Diem-karateklub aangesluit en na minder as ‘n jaar se deelname is hy aangewys as die klub se karateka van die jaar.

Jean het aan dié sportsoort begin deelneem omdat hy graag wou fiks word. “Ek het nooit gedink dit sal so groot raak nie. Die lekkerste van die sport is die selfdissipline en fiksheid wat ek leer met die sport,” sê hy.

Sommer met die intrapslag het Jean begin presteer. Tydens sy eer-ste deelname aan ‘n Japanese Kate Assosiasie-kampioenskappe, het hy as kampioen uit die stryd getree in die kata-afdeling en tweede geëindig in die kumite-afdeling.

Ten spyte van die spanning wat hy tydens kampioenskappe ervaar het, het hy ook eerste geëindig in die kata-afdeling van die Suid-Afrikaanse karatekampioenskappe.

Jean het drie trofeë by die Carpe Diem prysuitdeling gewen verlede jaar; karateka van die jaar, beste junior gradering en beste junior kampioenskapskarateka.

Jean, wat tussen twee en vier ure per week oefen, droom daarvan om eendag sy eie karateklub te besit waar hy sy kennis en ervaring kan oordra aan ander. “My rolmodel is sensei Ruan Stander, want hy bly konstant en druk homself tot op die uiterste,” vertel hy.

Jean glo sy grootste ondersteuner is sy pa. “Hy het spesiaal van Pretoria af gery om hier te wees vir die prysuitdeling en is altyd by kampioenskappe.”

Die jong karateka is dankbaar vir albei sy ouers se ondersteuning en ook vir sensei Annatjie van Zyl se geduld en alles wat hy by haar leer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button