Oud en jonk welkom om saam te kom fietsry
Die Cycle Lab Superfietsryklub se lede is ernstig oor hul sport en sit elke Saterdag- en Sondagoggend om 06:00 al in die saal om die speke te laat sing.
Vir baie inwoners van die stad is fietsry nie net ‘n sportsoort of vervoermiddel nie, maar eerder ‘n leefstyl.
Die Cycle Lab Superfietsryklub se lede is ernstig oor hul sport en sit elke Saterdag- en Sondagoggend om 06:00 al in die saal om die speke te laat sing.
Dit maak nie saak of ‘n lid ‘n beginner is of al jare lank fietsry nie, almal is welkom om saam te ry.
“Saterdagoggende kom die padfietsryers by The Cycle Lab bymekaar vanwaar hulle dan ry. Sondae is dit die bergfietsryers, wat by die wildtuintjie bymekaarkom, se beurt,” vertel Sonja Teixeira, eie-naar van The Cycle Lab.
Lede betaal óf R800 óf R1 100 om aan te sluit by die klub en kinders is ook welkom. Vir dié bedrag kry lede ‘n gratis kopie van die klub se maandelikse tydskrif, oefenprogramme en ondersteuning, ‘n weeklikse nuusbrief, afslag op oefenkampe, afslag op aankope by The Cycle Lab, geleentheid om aan groot wedrenne deel te neem en ook toegang tot ‘n ondersteuningsvoertuig gedurende klubwedrenne. Ook kry dié wat R1 100 betaal ‘n fietsry bib, kortbroek en T-hemp.
Lede wat R800 betaal kry net die t-hemp.
Vir meer inligting kan The Cycle lab geskakel word by (015) 296 3411.



