Local sportSport

Rhythmic Elegance maak gereed vir uitblinkerjaar

Rhythmic Elegance se ritmiese gimnaste is reeds vroeg in die jaar besig om voor te berei vir die ritmiese gimnastiekseisoen wat voorlê.

POLOKWANE – Rhythmic Elegance se ritmiese gimnaste is reeds vroeg in die jaar besig om voor te berei vir die ritmiese gimnastiekseisoen wat voorlê.

Dié ritmiese gimnastiekklub is in 2013 gesig deur Emien Landman, wat self ‘n ritmiese gimnas was en nou haar passie vir die sport aan jong meisies oordra. Sy het ‘n basiese gimnastiekkursus voltooi, waarna sy in ritmiese gimnastiek gespesialiseer het en ook ‘n kursus in daardie rigting voltooi het.

“Ek moes natuurlik ook ure se afrigting by ‘n klub aflê om te kwalifiseer as ‘n volwaardige afrigter,” sê sy.

Emien se droom vir die klub vir 2014 is vir elke gimnas om te kwalifiseer vir die Limpopo span.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button