Akrobate kwalifiseer as afrigters
Drie akrobate en een afrigter van Jolene's Acrobats het die afgelope naweek hulle sertifikate as afrigters ontvang.
POLOKWANE – Drie akrobate en een afrigter van Jolene’s Acrobats het die afgelope naweek hulle sertifikate as afrigters ontvang.
Leorich Bannau, Angelique Faul en Carina Jordaan het ‘n afrigtingskursus saam met hul afrigter, Jolene Oosthuizen in Johannesburg bygewoon.
Dié kursus het ‘n nuwe dansaffiliasie, Performance Acro Dance Affiliation (Pacro) se reëls en regulasie ingesluit.
Op grond van vorige kennis en ervaring wat die dansers opgedoen het asook vorige danseksamens wat hulle reeds afgelê het, is die nuwe afrigters se sertifikate uitgereik.
• Leorich Bannau – studente afrigter.
• Angelique Faul – studente afrigter.
• Carina Jordaan – afrigter.
• Jolene Oosthuizen – afrigter.
“Die meisies werk al baie jare lank baie hard om hul sertifikate te verdien en ek is trots op elkeen van hulle,” het Oosthuizen gesê.



