Local sportSport

Gelukkige pryse danksy Bulletjie en die ‘babes’

Die Vodacom Bulls se gelukbringer, Bulletjie, die Bulls Babes en Morné Mellett het die inkopiegange van Mall of the North Saterdag laat gons tydens hulle besoek aan dié sentrum.

POLOKWANE – Die Vodacom Bulls se gelukbringer, Bulletjie, die Bulls Babes en Morné Mellett het die inkopiegange van Mall of the North Saterdag laat gons tydens hulle besoek aan dié sentrum.

Die gaste het kaartjies vir die Super Rugby-wedstryd wat later dieselfde dag gespeel is tussen die Vodacom Bulls en die DHL Stormers, uitgedeel en ook ander aandenkings soos getekende pette weggegee.

Om ‘n kaartjie vir die wedstryd te kry moes aanhangers net R29 of meer by Vodacom in Mall of the North spandeer.

Morné Mellet, bekende Vodacom Bulls-speler het geduldig geposeer vir foto’s saam met aanhangers en het ook handtekeninge uitgedeel.

“Ek kan nie glo ek het uiteindelik vir Bulletjie ontmoet nie,” het Gerhard Greeff opgewonde gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button