Local sportSport

PHS se o/15’s maak skoonskip teen Merensky met wen van 134 lopies

Die afgelope naweek het die o/15- en eerste krieketspanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) die spanne van Hoërskool Merensky die stryd op hul tuisveld aangesê en as oorwinnaars uit die stryd getree.

POLOKWANE – Die afgelope naweek het die o/15- en eerste krieketspanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) die spanne van Hoërskool Merensky die stryd op hul tuisveld aangesê en as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die o/15-wedstryd het vroegoggend afgeskop. PHS het eerste gekolf en 288 lopies aangeteken vir die verlies van agt paaltjies in 50 boulbeurte.

Luann Visagie het die grootste bydrae met die kolf gelewer en het ‘n hele 68 lopies aangeteken.

Ross Crous het op sy beurt 55 lopies aangeteken.

PHS se boulers het skoonskip gemaak van Merensky se kolfwerk en het al hul kolwers vir ‘n skamele 82 lopies uitgehaal.

Dian Forrester het vyf paaltjies geneem en slegs 15 lopies afgestaan terwyl Corne Craig twee paaltjies geneem het vir 12 lopies. Ross Crous en Sias Willemse het elkeen een paaltjie geneem. PHS o/15-span het die wedstryd met 206 lopies gewen.

Pieties se eerste krieketspan het ook eerste gekolf en 253 lopies vir nege paaltjies in 50 boulbeurte aangeteken.

Armand Pansegrouw het sy span se grootste bydrae met die kolf gelewer en 66 lopies aangeteken.

Tydens Merensky se kolfbeurt het PHS gou die oorhand gekry en al hul kolwers vir slegs 119 lopies uitgehaal.

Jaco Potgieter het uitstekende boulwerk gelewer en vier paaltjies geneem.

Diaan Coertze het drie paaltjies geneem en Aakon Mandsberg een.

Dié spanpoging het vir PHS ‘n oorwinning van 134 lopies verseker.

Anna-Marie Schoeman, PHS se media skakelbeampte het beide spanne baie geluk gewens met hul vertonings.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button