Ringtennisklub reg vir SA-toernooi
Die Polokwane Ringtennisklub het tans vier spanne met agt spelers per span wat besig is met voorbereidings om aan die Suid-Afrikaanse Ringtennistoernooi in Vereeniging in April deel te neem.
POLOKWANE – Die Polokwane Ringtennisklub het tans vier spanne met agt spelers per span wat besig is met voorbereidings om aan die Suid-Afrikaanse Ringtennistoernooi in Vereeniging in April deel te neem.
Die toernooi val saam met die Ringtennis Wêreldkam-pioenskappe waar 14 lande teen mekaar sal meedingin span-, enkel-, dubbel- en gemengde dubbelwedstryde.
Tydens die Wêreldkampioenskappe sal drie van die Polokwane Ringtennisklub se spelers vir die Suid-Afrikaanse Proteaspan in aksie wees terwyl ‘n vierde as ‘n reserwe aangewys is:
• Heleen Potgieter is die Proteas se kaptein;
• Lenize Potgieter speel enkels en dubbels;
• Richter van Tonder is ‘n lid van die Proteas, en
• Shony Nzhinga is ‘n reserwe.
Evert Potgieter is ‘n spanbestuurder vir die Proteas.
‘n Totaal van 17 lede van die klub het ook onlangs aan die Suid-Afrikaanse enkel-ringtenniskampioenskappe deelgeneem.



