Local sportSport

Heleen brei haar ringtennis-familie

Heleen Potgieter, sekretaresse van die Pietersburg Ringtennisklub, neem al sowat 40 jaar aan dié sport deel

Heleen Potgieter, sekretaresse van die Pietersburg Ringtennisklub, neem al sowat 40 jaar aan dié sport deel.

Haar loopbaan het begin as o/13-speler. “Daardie tyd het ons nog nie by die skole gespeel nie. Ons het by klubs vir die ou Verre Noord gespeel,” vertel Heleen.

In die 40 jaar wat Heleen aan die sport deelneem, is sy 26 keer gekies vir die Suid-Afrikaanse span. Van die 26 keer wat sy in die Suid-Afrikaanse span was, is sy 20 keer as kaptein gekies.

Die Protea span, waarvan sy vanjaar weer die kaptein is, is ook tans die verdedigende wêreldkampioene.

Heleen se hele gesin neem deel aan ringtennis en dit is wat die sport vir haar so ongelooflik lekker maak. “Ek en my dogter, Lenize, is ook die dubbels-wêreldkampioene,” vertel sy trots.

Sy vertel ook hoe sy al die wêreld getoer het en van die verskillende plekke soos Indië, Duitsland en Bellarus, Rusland, waar sy en haar familie al deelgeneem het.”Dit is vir my besonder lekker om hierdie ervaringe met my gesin te kan deel,” vertel sy.

Nie net speel sy en haar hele gesin vandag ringtennis nie, maar sy het juis met die sport begin omdat haar ouers destyds aan die sport deelgeneem het.

“Dit is ‘n lekker sport waaraan die hele familie kan deelneem,” sê sy.

Hoe werk ringtennis? “Die reëls is baie dieselfde as tennis, maar jy het ‘n kleiner baan en die net is hoër,” verduidelik sy.

“Jy speel ook nie met ‘n tennisbal en raket nie, maar gooi ‘n ring. Die doel van die spel is om die ring buite jou opponent se bereik te plaas, natuurlik sonder om die reëls van die spel te verbreek,” verduidelik Heleen.

Heleen glo sy het dit wat sy wou bereik het, bereik en haar droom vir die sport lê nou by haar kinders.

“Ek hoop dat hulle sal bly presteer en dat hulle die sport eendag sal oordra aan die volgende geslag.”

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button