Stoeiers pen medaljes op mat vas
Stoeiers van Pietersburg Stoei Akademie het op Saterdag, 22 Februarie aan hul eerste toernooi vir die jaar meegeding by die Mpumalanga Stoeivereniging se ope stoeitoernooi in Middelburg.
POLOKWANE – Stoeiers van Pietersburg Stoei Akademie het op Saterdag, 22 Februarie aan hul eerste toernooi vir die jaar meegeding by die Mpumalanga Stoeivereniging se ope stoeitoernooi in Middelburg.
Sowat 400 stoeiers van onder meer Mpumalanga, Limpopo en Gauteng het deelgeneem. Die Pietersburg Stoei Akademie stoeiers het hul goed van hul taak gekwyt en verskeie medlajes verower.
Keagan Coetzee en Gerald Richards het elk ‘n goue medalje gewen. Coetzee het in die o/10 vrystylafdeling geseëvier en Richards het sy teenstanders in die o/9 vrystylafdeling laat les op sê.
Ander stoeiers van Pietersburg Stoei Akademie wat presteer het is Dawie van Heerden (o/13 vrystyl, silwer), Clarke Robinson (o/13 vrystyl, brons), Dewald van Heerden (o/9 vrystyl, brons) en Felix Olivier (o/7 vrystyl, medalje vir deelname).



