Local sportSport

Fietsers se grote

Fietsryers van die stad is gereed om Sondag se 36ste Cape Argus fietswedren in Kaapstad aan te durf.

POLOKWANE – Fietsryers van die stad is gereed om Sondag se 36ste Cape Argus fietswedren in Kaapstad aan te durf.

Johan van der Walt, ‘n sosiale fietsryer en sakeman van die stad, gaan hierdie gewilde, tog tawwe fietsren saam met sowat 36 000 ander fietsryers van regoor Suid-Afrika en verskeie ander lande aanpak.

Dit sal sy sesde deelname aan die Argus wees.

Van der Walt, eienaar van BMW Modern Autohaus Polokwane, sê hy het 12 jaar gelede sy eerste Argus wedren aangedurf.

Die laaste drie van die vyf wedrenne, sê Van der Walt, het hy die afgelope drie jaar aan deelgeneem en voltooi.

Benewens die Argus het Van der Walt ook al aan drie Momentum 94.7 fietswedrenne in Johannesburg deelgeneem.

Dié wedren word gereken as die grootste fietswedren naas die Argus.

Van der Walt sê hy geniet dit om aan soveel as moontlik fietswedrenne deel te neem, wanneer hy tyd kry.

“Ek het verlede jaar aan 14 wedrennne van by die 100km elk deelgeneem. Ek ry sosiaal, alleen en ek geniet dit regtig baie. Die fietsry is goed vir my gesondheid en dit help veral om my kop skoon te kry vanweë die druk wat ek as sakeman moet hanteer.

“Die fietsry help gewis om my oë op mylpale te rig, veral as dit met die sakewêreld te doen het,” sê Van der Walt.

Hy sê menige fietsryer sal saamstem dat van die uitdagendste gedeeltes van die Cape Argus wedren die Chapman’s Peak- en Suikerbossie-styltes is.

Hy sê ‘n deel van die roete wat ‘n mens uit die wedren kan knikker is sowat 15- na 20km na die wegspringpunt en het nogal ‘n heel gepaste naam, Hospital Bend.

Van der Walt sê fietsry het as sport vir hom ‘n lewenswyse geword en selfs sy seun, Vihan, het begin ry.

Van der Walt se vrou, Vida, ondersteun hom geesdriftig.

“Die nadeel van fietsry, en veral om alleen te oefen, is fietskapings en motoriste wat gevaarlik ry,” sê hy.

Hy werk al vir BMW sedert 1980. In 2007 het hy besluit om die BMW-handelaarskap in Polokwane te koop.

“Ek het die die handelaarskap nogal op Gekkedag, 1 Apil 2007, oorgekoop,” skerts hy.

“BMW is ‘n uitstekende handelsmerk en grootliks die rede hoekom ek my met hulle ongelooflike verskeidenheid reeks modelle vereenselwig.

Wat is sy gunsteling BMW-model?

“Ek kan regtig nie ‘n gunsteling kies nie, vir my het elke BMW-model ‘n eie persoonlikheid wat by ‘n mens se behoeftes pas.”

BMW Modern Autohaus is by die borgskappe van verskeie sportgeleenthede in die stad betrokke.

“BMW Modern Autohaus borg die tweede dag van die jaarlikse Baobab Classic gholftoernooi by Polokwane Gholfklub asook die Captain’s Knockout-kompetisie wat saam met die tweede rondte van die Baobab Classic beslis word,” sê Van der Walt.

Hy is ‘n “entoesiastiese gholfspeler wat self nie goed kan speel nie”, sê Van der Walt.

BMW Modern Autohaus is ook vir die afgelope sewe jaar die hoofborg van die jaarlikse 4-in-1 padwedloop wat deur Polokwane Atletiekklub aangebied word.

“Dit is verblydend om te sien hoeveel hierdie sportgeleenthede gegroei het die afgelope paar jaar.

“Ek hou van sukses en BMW is ‘n handelmerk wat met sukses verbind word.

“Ek heg baie waarde aan hierdie borgskappe en ek is ‘n persoon wat glo in langtermynvennootskappe,” sê hy.

Van der Walt spring om 07:40 Sondag weg vir die Cape Argus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button