Local sportSport

Kookwater rugby in stad dié naweek

BB Truck Noordelikes Rugbyklub, Limpopo Blou Bul Unie se mededinger in die Cell C Gemeenskapsbekerspan, kom Saterdag by Noordelikes Ru byklub teen die Valke Rugby Unie-span van Kaufela Boksburg te staan.

POLOKWANE – BB Truck Noordelikes Rugbyklub, Limpopo Blou Bul Unie se mededinger in die Cell C Gemeenskapsbekerspan, kom Saterdag by Noordelikes Ru byklub teen die Valke Rugby Unie-span van Kaufela Boksburg te staan.

Hierdie wedstryd, die eerste van vier rondtes vir Noordelikes sal om 17:00 afskop. Onder nuwe afrigter, Frederick Romijn, is daar reeds ‘n verbetering in die span se verrigting in vergelyking met verlede jaar toe Noordelikes sy buiging in die gemeenskapsbeker gemaak het.

Na Saterdag se tuiswedstryd teen Boksburg, reis die span van Noordelikes op 15 Maart na Blou Bulle kontrei waar hulle teen Centurion Rugbyklub se span te staan gaan kom. Noordelikes neem in groep-C deel. Na Centurion speel Noordelikes weer weg wanneer hulle die span van Brakpan aan durf op 29 Maart. Noordelikes se laaste groep-wedstryd is op 8 April wanneer hulle die Boland unie-span, Roses United, hier in Polokwane ontvang.

Hier is die spelers wie vir BB Truck Noordelikes in vanjaar se Cell C Gemeenskapsbeker gaan uitdraf:

Friederick Botha, Zach Botha, Zander Byleveldt, Johan de Beer, Nico Els, Jan Jacobs, Tienie Janse van Rensburg, Theyman Jongbloed, Wallies Kubannek, Malope Masemola, Simthandile Memese, Webster Mugadi, Frederick Rabé, Lufuno Ramoyada, Mynhardt Smith, Kieron van der Merwe, Hendrik van Geyn, Johan van Niekerk, Esias van Wyk, Ricardo Varela, Leslie Venton, Jean-Pierre Vermeulen, Eben Verster en Wickus Visser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button