EntertainmentLifestyleLocal sportSport

4×4-geesdrif in die reën

Sowat 74 vierwielvastrapvoertuie het die afgelope naweek vanaf 7 tot 9 Maart aan die BB Motor Groep Dieprivier 4x4 gesinsnaweek deelgeneem.

Sowat 74 vierwielvastrapvoertuie het die afgelope naweek vanaf 7 tot 9 Maart aan die BB Motor Groep Dieprivier 4×4 gesinsnaweek deelgeneem.

Ongeveer tien van hierdie 4×4 twee-sitplek motorfiets aangedrewe voertuie het ook dié tog meegemaak.

Volgens een van die organiseerders van hierdie geleentheid, Jaco Jooste, het hulle egter meer deelnemers vir vanjaar se 4×4 gesinsavontuur verwag.

Hy sê baie mense het verwag dat die geleentheid moontlik uitgestel sou word weens die swaar reënvoorspelling vir die gebied.

Jooste sê dit is die derde jaar wat hierdie 4×4-naweek gehou word en elke jaar is hierdie geleentheid ‘n groter affêre as die vorige jaar.

Hy het bygevoeg dat die mense baie pret gehad het ten spyte van die swaar reën.

Volgens Jooste was die doel van hierdie geleentheid om geld in te samel vir die Hervormde Kerk Noordelike Pietersburg wat dit sal gebruik om bybels aan behoeftige gesinne in die stad te versprei. Van die geld word volgens hom ook aangewend vir dié kerk se noordhulpfonds.

Jooste het weereens sy dank aan die BB Motor Groep uitgespreek. Die groep ondersteun hierdie geleentheid sedert sy ontstaan.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button