Local sportSport

Geelkaarte en kleitrap

Tydens BB Truck Noordelikes se eerste ronde in die Cell C Gemeenskapsbekerwedstryd het hulle te doen gekry met 'n sterk Kaufela Boksburg vyftiental.

Tydens BB Truck Noordelikes se eerste ronde in die Cell C Gemeenskapsbekerwedstryd het hulle te doen gekry met ‘n sterk Kaufela Boksburg vyftiental.

Die besoekende Valke-span het ten spyte van swaar reënweer die gashere op hul neuse laat kyk.

Maar dit is Noordelikes se dissipline in die eerste helfte wat dié span waarlik in die steek gelaat het. Die tuisspan het vier geelkaarte ontvang en het na die eerste helfte met 23-8 agtergeloop.

Die span se kaptein en buitesenter, Mynhardt Smith, het sy span se eerte geelkaart in die 16de minuut ontvang. Kort daarna het Boksburg hierdie verdedigings tekortkoming uitgebuit en skaars ‘n minuut later oorgeduik vir ‘n drie. Die tweede geelkaart in die 36ste minuut en die derde een in die 40ste minuut het Noordelikes duur te staan gekom met spelers Jan Jacobs en Cornelius van Geyn op die kantlyn. Kort na die begin van die tweede helfte het Noordelikes in die 44ste minuut hul vierde geelkaart van die wedstryd versamel toe Sinthadile Memese van die veld gestuur is.

Die gebrek aan dissipline het uiteindelik Noordelikes se aanslag in hul openingswedstryd van die Cell C Gemeenskapsbeker gekelder.

Boksburg het met ‘n telling van 42-13 geseëvier. Noordelikes se twee onverdoelde drieë is deur die losskakel Johan de Beer en die plaasvervanger flank Ricardo Varela gedruk. Die span se heelagter, Zander Byleveldt, het met een strafskop pale toe geslaag.

Die BB Truck Noordelikes-span toer Saterdag na Gauteng waar hulle teen die Refreshhh! Centurion-span in Centurion vir hul volgende groepwedstryd te staan kom.

BB Truck Noordelikes se agsteman Tienie Janse van Rensburg, hier met die bal, stormloop die spelers van Boksburg Saterdag in Polokwane.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button