Local sportSport

PHS en Landrover smee borgbande

PHS se eersterugbyspan gaan vir die volgende twee jaar in die trotse truie van Landrover op die veld uitdraf nadat die eienaar van MGM Landrover in Polokwane, Casper Vorster 'n borgskap van R100 000 aan dié span bewillig het.

PHS se eersterugbyspan gaan vir die volgende twee jaar in die trotse truie van Landrover op die veld uitdraf nadat die eienaar van MGM Landrover in Polokwane, Casper Vorster ‘n borgskap van R100 000 aan dié span bewillig het.

Die borgskap sluit ook paalbedekkings en baniere in Landrover se handelsnaam in.

Dié borgskap is tydens ‘n restaurantaand by die skool op Donderdag, 6 Maart oorhandig, waartydens lede van die bestuurspan van MGM Motors saam met die skoolhoof, Willie Schoeman en genooide gaste aan ‘n driegangmaal weggelê het.

MGM Motors, wat bestaan uit die handelsname Landrover, Peugeot, Volvo, Jaguar, Citroen, SsangYong en Mahindra het van die voertuie tydens die geleentheid uitgestal.

André Bonthuys, MGM Motors se handelaarshoof het gesê daar is niks belangriker as om betrokke te raak by kinders nie.

“Dit is juis daardie betrokkenheid wat jare later die vrugte wys. Dis vir ons ‘n groot voorreg om betrokke te raak by die skool en ek glo die gebaar is die samekoms van twee van die grootste forste in Limpopo.”

Schoeman het sy dank uitgespreek vir MGM Motors se belangstelling en belegging in die skool, “ons glo dat hierdie net die begin gaan wees van ‘n vennootskap wat nog baie lank gaan duur.”

André Bonthuys, (MGM Motors, handelaarshoof) maak 'n toespraak tydens die oorhandiging van die borgskap.
André Bonthuys, (MGM Motors, handelaarshoof) maak ‘n toespraak tydens die oorhandiging van die borgskap.
Gerhard en Elize Bothma geniet die aand tydens die borgskap en restaurantaand by PHS.
Gerhard en Elize Bothma geniet die aand tydens die borgskap en restaurantaand by PHS.
PHS se eersterugbyspan afgeneem saam met die skoolhoof en bestuurspan van MGM Landrover tydens die oorhandiging van die borgskap.
PHS se eersterugbyspan afgeneem saam met die skoolhoof en bestuurspan van MGM Landrover tydens die oorhandiging van die borgskap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button