Local sportSport

Stad se skuts blink uit by skietdag

Plaaslike skuts het Saterdag uitstekend gevaar in die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) Pietersburg-tak se PMP groeperings-skietkomeptisie.

POLOKWANE – Plaaslike skuts het Saterdag uitstekend gevaar in die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) Pietersburg-tak se PMP groeperings-skietkomeptisie.

Skuts vanaf Gauteng en Mpumalanga het ook aan hierdie gewilde kompetisie deelgeneem.

Die algehele wenner, met ‘n groepering 4,25mm, was Derek Venter. Hy het met ‘n 7x57mm Mauser geskiet. Venter het met ‘n Remington jaggeweer, geborg deur Arms for Africa, asook met ander pryse met ‘n totale waarde van bykans R12 000 weggestap.

In die tweede plek was Quintin Reynolds met sy groepering van 5,33mm. Reynolds het met ‘n 308 Winchester geskiet.

In die derde plek was Robert Johnston met sy groepering van 8,11mm. Hy het ook met ‘n 308 Winchester losgebrand op die teikens.

Hierdie top drie skuts is almal inwoners van Polokwane.

Die wenner van die vroue-afdeling was Hannelie Goosen van Makhado met haar groepering van 17,72mm met ‘n 38 Winchester. Die naaswenner in dié afdeling was Polokwane se Karin Fourie.

Die juniorskutsafdeling is deur BJV Pietersburg-tak se Roelof Myburgh verower met ‘n groepering van 17,59mm. Myburg het met ‘n .30-06 geskiet. Die naaswenner in dié afdeling was Brendon Steyn, ook van Polokwane.

Volgens die voorsitter van die BJV Pietersburg-tak, Rudi Myburgh, is daar op ‘n totaal van 532 teikens geskiet en sowat 2 128 PMP patrone is gebruik.

“Ek bedank almal wat aan hierdie geleentheid deelgeneem het en saam met ons die dag geniet het. Ek wil ver-al aan ons borge ‘n hartlike dankie sê. Hulle het hierdie dag moontlik gemaak,” het hy gesê.

Die borge wat bygedra het tot die sukses van dié skietdag is: Arms for Africa, Limpopo Toyota, PMP Die Wildmangroep, Vermont Sales en VW Polokwane.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button