Local sportSport

Canseus (11) swem ‘n barshou by SA’s

Canseus Saayman (11) het na die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe, wat van 21 tot 23 Maart in Johannesburg plaasgevind het, weggestap met drie brons medaljes.

POLOKWANE – Canseus Saayman (11) het na die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe, wat van 21 tot 23 Maart in Johannesburg plaasgevind het, weggestap met drie brons medaljes.

Sy pa, Philip, sê hulle sou nooit kon raai dat hul seun vir hierdie kampioenskap sou kwalifiseer nie, nietemin nog medaljes sou kon verower.

Maar die kranige swemmer van Oosskool het volgens sy pa met toewyding, dissipline en baie ure se opoffering en oefening wel gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te gaan neem onder die Limpopo Tuks Swemklub-vaandel. Saayman is deur sy oom, Ferdi Bester, vir die afgelope agt maande gebrei.

Saayman het sy brons medaljes in die 4 x 50 m aflos, 50 m vryslag – waar hy ‘n persoonlike beste tyd van 30,28 sekondes aangeteken het – en in die 100 m vryslag aflos items behaal. Hy het in die afdeling vir seuns 13 jaar en onder meegeding.

Die Limpopo Tuks Swemklub het algeheel ‘n 13de plek behaal uit sowat 62 klubs wat aan hierdie kampioenskap deelgeneem het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button