Muurbalspelers reg vir kampioenskappe
Limpopo se top-muurbalspelers het onlangs meegeding vir die nommer een posisie in die Limpopo-muurbalkampioenskappe.
POLOKWANE – Limpopo se top-muurbalspelers het onlangs meegeding vir die nommer een posisie in die Limpopo-muurbalkampioenskappe.
Meer as 30 spelers van regoor die provinsie het aan die kampioenskappe deelgeneem van 14 tot 16 Maart.
In die mans-afdeling het Marnus Janse van Rensburg van Mokopane en Christiaan Labuschagne van Polokwane sake uitgespook in ‘n naelbyt-finaal.
Janse van Rensburg het as wenner uit die stryd getree.
In die vroue-afdeling het die verdedigende vrouekampioen, Ronel Welman, van Makhado daarin geslaag om haar titel te behou as Limpopo-kampioen met Mieke Pistorius van Modimolle in die tweede plek.
‘n Totaal van 16 spelers het ook Limpopokleure verwerf en sal die Limpopospan verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse plattelandse muurbalkampioenskappe wat van 8 tot 10 Mei in die Boland sal plaasvind.
Hulle is:
• Marnus Janse van Rensburg;
• Conrad Janse van Rensburg;
• Robert Abrahamse;
• Christiaan Labuschagne;
• Shamier Cassim;
• Franco Welman;
• Dawie Groenewald;
• Leon van der Merwe;
• Emmie van Zyl;
• Isabel Lamprecht;
• Theo Schlieben;
• Ronel Welman;
• Nets Turvey;
• Vincent van der Merwe;
• Lofty Fourie, en
• Mieke Pistorius.



