Local sportSport

Tuks-skolereeks ‘n leerskool vir PHS

Die Tuks-skolereeks het weereens vir naelbyt-aksie gesorg toe die wintersportspanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) te staan gekom het teen die spanne van Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Ermelo in die laaste week van Maart.

POLOKWANE – Die Tuks-skolereeks het weereens vir naelbyt-aksie gesorg toe die wintersportspanne van Hoërskool Pietersburg (PHS) te staan gekom het teen die spanne van Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Ermelo in die laaste week van Maart.

In die eerste kragmeting, teen Eldoraigne, het PHS gemengde welslae behaal. Die skool se mediaskakelbeampte, Anna-Marie Schoeman, het gesê PHS beskou hierdie ondervinding as ‘n leerskool.

“Die feit dat ons eerste rugbyspan met slegs twee punte teen Eldoraigne verloor het, is n goeie aanduiding dat ons rugby besig is om positiewe vordering te toon,” het sy gesê.

In die tweede kragmeting, teen Ermelo op 26 Maart, het PHS se spanne alles ingesit en merkbaar verbeter op die veld.

“Baie dankie aan al die spelers, personeel en ouers wat nagtelike ure moes trotseer om die kragmetings moontlik te maak. Aan die spanne, baie geluk met julle vordering en ons sien uit na die kwart-eind wat om die draai is,” het Schoeman gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button