Local sportSport

Pumas trap Limpopo Blou Bulle se tjank behoorlik af

Die Assupol Limpopo Blou Bulle se Vodacombeker-span kon Saterdag, ten spyte daarvan dat die span se spelers hul harte uitgespeel het, nie die Steval Pumas se stortvloed van drieë keer nie.

POLOKWANE – Die Assupol Limpopo Blou Bulle se Vodacombeker-span kon Saterdag, ten spyte daarvan dat die span se spelers hul harte uitgespeel het, nie die Steval Pumas se stortvloed van drieë keer nie.

Die Pumas het veral in die tweede helfte van die spel hul spiere gebult om met 14 drieë 88-0 te seëvier. Teen rustyd het die Pumas reeds 29-0 voorgeloop.

Die Limpopo-span het min geleenthede gekry om naby die doellyn van die Pumas te kom en kon nie veel verder doen teen die top-verdediging van die besoekers nie.

Die stamina en fiksheid van die Pumas was ook duidelik in ‘n ander klas as die van die Bulle.

Dit kon duidelik gesien word by die afbreekpunte waar die Pumas by verre beter ondersteuning in die losgemale gekry het.

Die Bulle het nietemin elke aanloop van die Pumas na hulle doellyn met passie verdedig, maar die aanvalslyne van die Pumas het uiteindelik sy tol geëis.

Hierdie Saterdag speel die Assupol Limpopo Blou Bulle by die Peter Mokaba Sportkompleks teen nog ‘n sterk unie-span; dié van die Golden Lions.

Die wedstryd sal volgens die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se bepalings om 15:00 afskop. Toegang is gratis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button