Local sportSport

Borge bedank vir hul hulp

Borge van die Dieprivier 4x4-byeenkoms wat vroeër vanjaar deur die Hervormde Kerk Noordelike Pietersburg aangebied is, is Vrydag op gepaste en tasbare wyse bedank deur die gemeente.

POLOKWANE – Borge van die Dieprivier 4×4-byeenkoms wat vroeër vanjaar deur die Hervormde Kerk Noordelike Pietersburg aangebied is, is Vrydag op gepaste en tasbare wyse bedank deur die gemeente.

Die 4×4-byeenkoms op Dieprivier dien as ‘n fondsinsamelingsfunksie vir die gemeente.

Ds. Flip Snyders sê daar word ook ‘n persentasie van die geld gebruik vir hul barmhartigheidsdiens en vir Bybelverspreiding.

Daar was vanjaar die derde jaar wat die byeenkoms plaasgevind het, 82 inskrywings en die byeenkoms was ‘n groot sukses volgens Snyders.

Borge kon heerlik smul aan ‘n bord boerekos in die kerksaal.

Snyders het almal bedank vir hulle bydrae en hulle harde werk om van die dag ‘n sukses te maak en hy het Lourens du Plessis van Boerebenodighede, die hoofborg, spesiaal bedank vir sy harde werk.

Almal het die naweek herleef toe hulle saam is na foto’s van die naweek gekyk het.

Jaco “Bakgat” Barkhuizen het gesorg vir musikale vermaak deur vir die gaste te sing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button