Plaaslike atleet wen 3de plek
'n Groep atlete van die Polokwane Atletiekklub het Saterdag aan die gewilde Loskop Marathon deelgeneem wat oor 21 en 50km gestrek het.
POLOKWANE – ‘n Groep atlete van die Polokwane Atletiekklub het Saterdag aan die gewilde Loskop Marathon deelgeneem wat oor 21 en 50km gestrek het.
Een van die klub se atlete, Pelusa Tebogo, het in die 21km-wedloop ‘n derde plek behaal met ‘n tyd van 1 uur, 13 minute.
Verder het drie van dié klub se atlete, Monica Erasmus, Martin Pot-gieter en Wilson Mashalane, ná die 50km-wedren hul permanente nommers vir die Loskop Marathhon gekry omdat hulle al 10 keer aan hierdie marathon deelgeneem het.
Een van die klub se bestuurslede, Ria du Plessis, het aan Review vertel die Loskop Marathon se 21km-wedloop lok jaarliks duisende deelnemers.
Dié marathon dien ook as kwalifiseringsrondte vir die beroemde Comrades Marathon.



