Local sportSport

Kenners help om te kies

Die Limpopo Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging het vir die eerste keer in sy geskiedenis die proewe vir sy o/18- en o/16-skolespanne op dieselfde datum en plek aangebied.

POLOKWANE – Die Limpopo Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging het vir die eerste keer in sy geskiedenis die proewe vir sy o/18- en o/16-skolespanne op dieselfde datum en plek aangebied.

Die vereniging se sekretaris, Paul de Bruin gesê. die Limpopo Blou Bulle is van voorneme om nie net die deelnemerslys in vanjaar se o/18-Cravenweek en die o/16-Grant Khomoweek te vul nie, maar om waarlik ‘n krag te wees om mee rekening te hou in vanjaar se kragmetings.

“Dis waarom ons vanjaar hoëprofiel-rugbykenners gena-der het om ons te help om slegs die beste 27 spelers vir Limpopo se spanne te help kies.

“Dit is vir ons ook beter om bekwame rugbykenners van buite die provinsie te kry om te help met die keuringsproses, sodat daar op ‘n regverdige manier gekies word,” het hy verduidelik.

Voormalige Spingboklosskakel en rugbylegende, Jannie de Beer, het met die keuring van die o/18-spelers gehelp.

Nog ‘n voormalige Spingbokspeler en vurige Blou Bul vleuel, Deon Oosthyusen, het ook sy kennersoog oor die spelers gegooi.

De Bruin het gesê daar gaan nog twee rondes proewe gespeel word waarna die gekose spanne in twee vriendskaplike wedstryde teen die spanne van die Pumas en Valke sal speel.

Die Limpopo Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging het verlede jaar vir die eerste keer in die geskeidenis van die o/18-Coca Cola Cravenweek dié reeks in Polokwane aangebied.

Volgens De Bruin reken kenners van skolerugby en Cravenweektoernooie dat die Polokwane-toernooi as een van die drie bestes ooit gereken kan word.

Daarom het Mpumalanga se skolerugbyvereniging De Bruin en van sy span organiseerders van verlede jaar se Cravenweek genader om hul riglyne te gee om vanjaar se toernooi suksesvol aan te bied.

Die 51ste o/18 Coca-Cola Cravenweek word vanjaar in Middelburg aangebied.

Dit sal ook die eerste keer wees dat hierdie geleentheid daar aangebied word.

Vanjaar se Cravenweek sal die 29ste o/18-Cocal Cola Cravenweek wees wat De Bruin ononderbroke bygewoon het in sy hoedanigheid as sekretaris van die Limpopo Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging.

Vanjaar se o/18-akademie-week word in die Boland aangebied en die o/16-Grant Khomoweek word deur die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging in Pretoria aangebied.

Al drie hierdie toernooie sal gedurende die skoolvakansie in Julie beslis word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button