Local sportSport

Ritmiese gimnaste geniet eerste kompetisie

Gymstars se jong ritmiese gimnaste het op Vrydag 25 April met groot entoesiasme aan hul heel eerste klubkompetisie vir die jaar deelgeneem.

POLOKWANE – Gymstars se jong ritmiese gimnaste het op Vrydag 25 April met groot entoesiasme aan hul heel eerste klubkompetisie vir die jaar deelgeneem.

“Die vlak 1-ritmiese gimnaste wat vir die eerste keer aan ‘n kompetisie deelgeneem het se gesigte het behoorlik gestraal van opgewondenheid,” het hul afrigter, Lelanie Logtenberg, vertel.

“Elke gimnas wat deelgeneem het was pragtig.

“Hulle het hul beste voet voor gesit by die klubkompetisie.”

Wenners vlak 1:

• Dominique Faul (o/6);

• Neo Mudau (o/7);

• Kgansi Mohlala (o/8); en

• Reneilwe Leboho (o/10).

Wenners vlak 2:

• Louise van Ryneveld (o/11), en

• Duané Welman (o/9).

Wenners vlak 3:

• Winette Prinsloo (o/9);

• Chane Venter (o/11), en

• Magderie Smit (oor 11).

Die jong ritmiese gimnaste se volgende kompetisie vind op 9 en 10 Mei in Johannesburg plaas.

Related Articles

Back to top button