Local sportSport

Klub kry 4 swaarde

Die swaardvegters van die Firebird Fencing Club was verlede Dinsdag in die wolke toe hul ouers, borge en ondersteuners hulle met splinternuwe toerusting verras het.

POLOKWANE – Die swaardvegters van die Firebird Fencing Club was verlede Dinsdag in die wolke toe hul ouers, borge en ondersteuners hulle met splinternuwe toerusting verras het.

Die klublede het nuwe sportsakke, skermklere, maskers, handskoene en vier nuwe swaarde gekry. Die toerusting is deur die klublede se ouers, met die finansiële hulp van Volkswagen Polokwane, aangekoop.

Die toerusting is by ‘n verskaffer in Durban gekoop wat dit op sy beurt uit Sjina ingevoer het.

Volkswagen Polokwane gaan ook lede se name op hul sportsakke laat borduur.

Bolivia Lodge borg die saal waarin die skermklub weekliks oefen.

Vir meer inligting oor die Firebird Fencing Club, kontak gerus vir Sonja Randall van Bolivia Lodge, by (015) 296 0309.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button