Local sportSport

Baragwanath wen sy 3de ronde

DIE voormalige Suid-Afrikaanse kwadfietskampioen, Brian Baragwanath, het Saterdag sy derde agtereenvolgende oorwinning in vanjaar se nasionale kwad- en veldfietskampioenskappe behaal in die Bell 400 wedren wat in Vryheid, KwaZulu-Natal plaasgevind het.

DIE voormalige Suid-Afrikaanse kwadfietskampioen, Brian Baragwanath, het Saterdag sy derde agtereenvolgende oorwinning in vanjaar se nasionale kwad- en veldfietskampioenskappe behaal in die Bell 400 wedren wat in Vryheid, KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Daarmee het hy ook die premierklas, Q1, vir kwad-fietse gewen.

Baragwanath, wat deesdae sy eie ingenieursfirma in Gauteng bydryf, het met sy Team Rhide SA-Yahama kwadfiets sowat 20 minute voor sy naaste teenstander, David Hollis van Bethlehem, oor die wenstreep gejaag.

Polokwane se ander twee aanspraakmakers op die titel se pogings is deur meganiese probleme in die wiele gery.

Die huidige tweemalige verdedigende kampioen, Jurie “Botter” Meyer op sy Yamaha Race Support kwadfiets, het vanuit die sewende plek weggespring en stelselmatig plekke tyd gewen.

Na die halfpadmerk, het sy vierwielmotorfiets se enjin egter onklaar geraak en moes hy tou opgooi.

André du Plessis moes ook in die laaste ronde weens meganiese probleme die handdoek ingooi.

Deelnemers moes ses rondes van ‘n sirkelroete ry.

Dit wil voorkom of die Bell 400 wedren Limpopo se renjaers nie baie goedgesind was nie met Tzaneen se deelnemer, Jaco Moller, op sy Extreme ATV Tzaneen Yamaha, wat ook weens meganiese probleme aan die wedren moes onttrek.

Meyer se pa, Jurie Meyer Snr., verdedigende kampioen in die meestersklas vir kwadfietse is, se Yamaha Race Support motorfiets het koppelaarprobleme ontwikkel en hy moes met ‘n tweede plek tevrede wees.

Die volgende ronde van hierdie nasionale veldrenkampioenskappe sal op 14 Junie by die Vryburg Stella 400 wedren wat in Stella in Noordwes plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button