Local sportSport

Skuts korrel fyn tydens kampioenskappe

Die skuts van die Bosveld Jagters en Wildbewa-ringsvereniging se Pietersburg-tak het Saterdag fyn gekorrel en gekompeteer vir die titel van klubkampioen.

POLOKWANE – Die skuts van die Bosveld Jagters en Wildbewa-ringsvereniging se Pietersburg-tak het Saterdag fyn gekorrel en gekompeteer vir die titel van klubkampioen.

Na afloop van die dag se skie-tery is André Jonker as mans-klubkampioen aangewys met Yolandi Jonker as die vroueklubkampioen.

Roelof Myburgh is die hoërskool-seunskampioen en Dré Jonker is die laerskool-seunskampioen.

Die skuts het aangelê in die .22-geweer, jaggeweer en haelgeweer items om te bepaal wie die klubkampioen van 2014 sal wees.

In die .22-afdeling moes skuts na staalghonge van 100mm skiet wat geplaas was oor 50m, 55m, 60m, 65m, en 70m. Hulle moes ook na rooibok- en vlakvarkteikens skiet wat 30% van die ware groote was.

In die jaggeweer afdeling het die skuts oor afstande van 50m, 125m en 170m na springbok-, blouwildebees- en nyalateikens geskiet.

In die haelgeweer afdeling het die skuts na kleiduiwe geskiet.

Uitslae:

Mansklubkampioen:

1. André Jonker

2. Quintin Reynolds

3. Eugene Stolts

Vroueklubkampioen:

1. Yolandi Jonker

2. Daleen Smit

3. Hester Myburgh.

Hoërskool seunskampioen:

1. Roelof Myburgh

2. Brendon Steyn

3. Sydney Lawrence

Laerskool Klubkampioen:

1. Dré Jonker

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button